Wat sê die mense wat daar was?


Afskopkamp terugvoer

Kom saam en geniet soos in alles:

Ø  Baie FUN activities

Ø  Lekker kos – seriously

Ø  ERG amazing nuwe vriende maak


Hierdie is ʼn mind blowing kamp. Lewens verandering. Die mense is vriendelik. Aanvaarding was nooit ʼn probleem nie. My hele lewe, geloof siening het verander. Alhoewel dit baie trane en hartseer veroorsaak het voel ek wat die meeste uitgestaan het was die clips, musiek en gasspreker. Ek het geweet hierdie kamp is amazing, maar nooit het ek gedink dit kan so ʼn groot invloed in ʼn mens se lewe maak soos wat dit in myne gemaak het nie. Alhoewel ek skaam en moeilik was om te gesels, voel ek dis waar ek nog so gaan groei en verstaan dat dit nie verkeerd of net aansittend is om te huil en te praat oor wat by die huis aan gaan. Eendag sal ek uit kom behoorlik want ek voel geloof gewys moet ek nog baie groei en die kamp het my gehelp.




Amazing experience, sal dit vir enige student aanbeveel.



Die belewenis en pret van die kamp en die invloed wat die self Godsdiens en  groep op my gemaak het en die nabyheid van God wat ek beleef het. Die kamp verryk me en ek groei baie in my Godsdiens. 




Die kamp is een van die lekkerste belewenis van my lewe. Nie net fisiese aktiwiteite nie, maar in mens se geestelike lewe ook. Daar word soveel goed geleer en ontdek in alle rigtings. Die kamp is beslis vir al die mense wat ʼn lewe, ʼn jongmens lewe wil begin.




Ek sal enige eerstejaarstudent veral aanraai om na Afskopkamp toe te kom. Jy gaan op ʼn “spiritual journey” op jou eie en saam mede jong  Christene wat ongelooflik is. Ek dink die beste manier om afskopkamp te verduidelik is maklik – dis FLIPPEN LEKKER!!! (Jos 1:9).




Beste manier om die jaar mee te begin.




Kamp was ongelooflik. Moet tenminste een keer in ʼn leeftyd beleef. Baie lesse geleer en goeie vriende gemaak. Beste kerkkamp nog.




Afskopkamp was baie lekker en verrykend. Het so baie nuwe vriende gemaak wat in dieselfde belangstel. Dit is ʼn goeie manier om jou jaar mee te begin en weer al jou gedagtes op ʼn stil plek bymekaar te maak. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel.




Die kamp was ongelooflik, ek sal in my beste vermoëns die kamp BAIE positief bemark. Life changing!




Dis COOL....kom!




Dat ek regtig God se liefde en presence hier ervaar het. Ek het ook “real” mense en goeie vriende ontmoet.




ʼn Definitief vir enige eerste jaar en ʼn fantastiese afskop vir elke student se jaar.




Through fellowsip and comradie we are drawn closer to God and understand the way in which Christians should act. It is not  about how much you know, but about how much you care. God speaks to us in many different ways and Afskop is a place where you are ably to listen and recieve Gods word. The camp leaver you spiritully full as well as equipped for the year ahead. Great for new Christian sand old alike.




Dis ʼn goeie manier om studente te ontmoet wat deur dieselfde goed gaan. En dit maak dat jy jou jaar op ʼn positiewe manier begin en fellowship ontwikkel met mense.




Ø  Kamp wat nie misgeloop moet word nie


Ø  Life changing moments ongeag of jy net uit matriek is of amper klaarmaak met jou jaar


Ø  Dis die redbull wat jou wings gee vir die jaar





Afskopkamp is ʼn plek waar jy met medegelowiges real en relevante gesprekke voer en krag kry om aanhou te glo in ons moeilike wêreld.




Dit is ʼn baie goeie plek vir 1ste jaars om mense te leer ken en die Here ook. Die kamp laat jou toe om lekker mense te ontmoet.


The camp was very enjoyable. I would recommend it to people, because it is a place to meet new friends with good values and morals. They also discuss very relevant topics for students.


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.